Vandag het ek Vaalrivier laerskool besoek. Die skool is op
die Plotte teen Vanderbijlpark gelee. Die skool het begin op 12 Januarie 1954
en dit was nog in asbes klaskamers. Die skool het toe ook bekend gestaan as
Nanescol skool. Op 12 Januarie 1961 het die naam verander na Laerskool
Vaalrivier. Die inwydings plegtigheid van die nuwe skool is op 17 November 1967
gehou.
Die foto is in 1967 geneem
Die foto is redelik onlangs geneem
Vir interresantheid was daar net 6 skoolhoofde waarvan Mnr
PG Cloete nou huidig skoolhoof is van af 1992-09-01
Ek het ‘n afspraak gehad met 2 van die Onderwyseresse wat
wat hierdie jaar op aftree ouderdom is. Daar word later ook ‘n afskeidsfunksie
vir hulle gehou.
Mev Judith Gouws wat as onderwyserres Van 1971 by laerskool vaal rivier skool gehou
het
asook Dina Greyling vanaf 1972 as graad 2 onderwyserres.
Ek kuier sommer lekker en gesels saam met almal, uit die
geskerts tussen Mnr Cloete en die 2 dames kan ek agterkom dat hulle 2 geweldig
gemis gaan word. Volgens Mnr Cloete was hulle al 2 departementshoofde en tussen
die 3 van hulle was alles in die skool gehanteer en gedoen.
Foto 1974
Judith Gouws vertel dat ook haar kinders hier grootgeword
het en skoolgegaan het. Sy vertel ook dat die kinders vir haar baie lief is en
sy ook so vir al die skool kinders. Die kinders hier is baie plat op die aarde
en nederig. Hier is ook kinders wat baie slim is soos bv Rynard Messersmidt in 1988 wat later
in Transvalia 11 onderskeidings gekry het hy was die eerste kind wat soveel onderskeidings
gekry het in ons land. Sy se dat die ergste vir haar is dat sy al vir kinders
skool hou waarvoor sy vir die oupa en ouma ook skool gehou het...
Monique Gouws vandag ‘n mediese dokter, Judith se dogter het
ook verskeie toekennings gekry, onder anderre Dux leerling Sy was hoofmeisie en
Provisiale kleure in netbal en hokkie, Sy het ook 8 onderskeidings in matriek
gekry en was gekroon as die beste leerling in die Suid Gauteng streek met n
gemiddelde persentasie van 91.6%.
Riaan gouws judith se seun wat ook Victor lodorm was en ook
op die leerling raad gedien het as prefek.
Ek vra toe vir Judith of sy in al die jare ‘n kind kan
uitsonder wat vir haar spesiaal was. En selfs ook van af Dina Greyling is hulle
dit eens dat al die kinders vir hulle spesiaal is.
Tog wil hulle se dat die jaar se hoofseun Chris Groenewald
en hoofmeisie Romaine Groenewald (Dux Leerling) baie spesiaal is kinders met
groot respek vir hulle mede mens, Hardwerkend en met persoonlikhede wat hulle
nog ver gaan bring.
Judith vertel toe ook dat die hoofseun en dogter se pa’s nou
die dag by een of ander vergadering agtergekom het dat alhoewel hulle nie
familie is nie en tog dieselfde van, het hulle op die selfde dag verjaar, ook
die selfde naam het Jelome. Die een is blykbaar CJ en die ander net BJ
Groendewald.
Esau Khumalo, Is ook die eerste swart kaptein van die valke
se skole rugby span en het hier skool gegaan het. Alwyn Myburgh bekende hekkies
atleet het ook hier skool gegaan.
Ons staan in die skool saal en gesels en Ek vra toe hoekom
het hulle so lank by een skool gebly. Van altwee is dit dat hulle werks
omstandighede net so lekker was.
Hulle vertel my ook dat Laerskool Vaalrivier ‘n unieke skool
is en dat hy ‘n wye verskeidenheid van tipes mense en kinders het. Mnr Cloete
vertel ook van al die projekte wat hulle het en ‘n gemeenskap wat betrokke is
om mekaar te help. Hulle voorsien saam met die Kerk ook vir 70 kinders daagliks
kos. Daar is ook ‘n groep ouers wat klere bymekaar kry hulle noem dit ‘n klere
bank. Hy vertel ook dat die kinders almal mooi aangetrek is en dat selfs die
rotariers ook baie betrokke is en help.
Dina Greyling se toe ook dat Laerskool vaal rivier op 3 bene
staan naamlik Sport Akademie en ook kultuur... Terwyl ek so na haar luister toe
dink ek, selfs die 3 onderwysers waarmee ek nou gesels is ook drie steun pilare
wat vir hierdie omgewing en skool baie beteken. 2 Dames soos Mnr Cloete se wat
hy baie gaan mis en wat eindlik onvervangbaar is met hulle kennis en
toegewydheid oor die jare en dan ook soos Judtih en Dina se ‘n skoolhoof wat se
persoonlikheid net van so aard is dat mense net bereid is om te gee om te help
en saam met hom te werk.
Van 1992 tot nou huidiglik is die 3 op elke foto langs
mekaar.
Toe ek groet en reelings tref om weer te kom kuier besef ek
dat die tipe van gasvryheid besig is om uit te sterf en dat hierdie skool se
kinders nog bevoorreg is om wel so opgevoed te word.