Friday, 9 November 2012


Fotografie  in vandag se tyd is so eenvoudig tog is dit moeilik om te verstaan en te vergelyk met vorige jare waar met film gewerk is. Vandag kan jy neem en digitaal verwerk en korregeer terwyl dit vroer jare meer tyd geneem het om die foto korek te beplan en dan te neem. Vandag kan jy dadelik die resultaat sien terwyl jy vroer met film eers moes ontwikkel en tog dink ek dat daardie tyd se fotograwe gesien het, al was daar niks om na te kyk tot die foto gedruk was nie.

Wat het gister met vandag in lyn van fotgrafie te doen sou dalk gevra word, Dit het daardie tydperk in ons almal se ouers en voorouers se lewens vasgele en kan ons dit vandag herleef en sien.

 

My pa het vir my alreeds op skool ‘n kamera gekoop met lense en my op kursusse gestuur sodat ek kon fotos neem, Selfs vir my ‘n donker kamer opgesit vir ontwikkeling. Wel hy het my verskeie dinge geleer en laat ervaar wat niks met skool te doen gehad het nie. Musiek was een van die dinge wat ek geleer het selfs tegnologie met die ontstaan van rekenaars het hy my op vroe ouderdom alles gewys en ook op kursusse gestuur. Ek sal hom en my ma ewig dankbaar wees daaroor, met Musiek en fotografie is dit nie die instrument wat jou ‘n musiekant of fotograaf maak nie maar die anvoeling en gevoel vir dit wat jy kunstig moet bou en konstruktueer.

-   - - - -  -    -

 

Seker so 10 jaar terug ry ek en Tannie Ralie wat vandag vir my werk op die plase rond en op die grondpad kry ons n ou gewel huis nog uit klipsteen gebou met die mooiste stoep. Regtig ‘n ou statige huis. Elke keer as ons daar verby ry dan se ons ons moet tog n  foto neem, Dit gebeur toe nie en daar het ek geleer dat as jy dink jy ‘n foto moet neem stop liewer en doen dit nou moenie dit los vir later nie die geleentheid gaan jou verbei gaan.

Seker so 2 jaar terug ry ons weer daar verby en met ‘n skok kom ons agter dat die huis verwoes en verbreek is. Ek het toe gaan ondersoek instel om uit te vind wat gebeur het, Tot verbasing hoor ek dat die staat die plaas uitgekoop het en dat die persoon wat nou daar boer vir hom n hout huis gebou het. Dit is tog snaaks dat mense en rasse se waardees oor dinge so kan verskil. Ek het toe fotos gaan neem van die murasie. Ek probeer nog om die eienaars op te spoor van hierdie plaas om te sien of ek nie dalk fotos van die huis kan kry soos hy gelyk het nie.


Mens kan sien dat die manier van pleister en afwerking hierdie ‘n pragwoning moes wees.

Die ou sitkamer word gebruik om bier in te stook wat dan onder die plaaslike mense verkoop word.


 

Eens ‘n pragtige huis en ook plaas nou verwaarloos.

No comments:

Post a Comment