Tuesday, 6 November 2012


Maandag 5 November (a)

Ek groet vir Danie van Rooyen en ry af na die Pioneer huis. Ek hoor daar is ‘n oom wat  bykans 100 jaar oud is. Ek word vriendelik ontvang deur Dina maar sy raai my aan om eers die na 4 te kom, Sy sal intussen solank rondvra en ou fotos kry.
Ek neem ‘n foto buite, En Besluit om bietjie meer oor die plek uit te vind.
 

Die foto het ek in die biblioteek gekry.

Soos die Pioneer vandag lyk.
Ek gaan terug straat toe en besluit om n draai te maak by die sopkombuis.

Ek gaan hier ook ondersoek en meer uitvind.
Ek kry vir Princes daar die plek is silwer skoon. En die sop ruik heerlik.
 

Oom Dirk se groente word gebruik hier hou Princes die uie wat die oom gister gepluk het.


Wat pragtig is is dat mens kan sien hier word omgesien na behoefte Princes se Bybel le oop op die tafel en as sy stil tyd het dan lees sy.
 
 

No comments:

Post a Comment