Tuesday, 6 November 2012


Maandag 5 November

Ek beplan om elke dag vroeg op te staan sodat ek ‘n sekere omgewing se straat lewe kan fotografeer en dophou. Ek ry na Stephenson spar en ag glo dit of nie my kamera is nog in die kantoor ek het dit nie ingepak in my kamera sak nie. Teleurgesteld ry ek huistoe, Op pad kry ek ‘n sms van Danie van Rooyen die persoon met die ou swart kar wat ek gister voor ‘n nota gelos het, Hy is 2 uur beskikbaar en ek gaan met hom kan gesels, Ek ry 1 uur eers na die biblioteek om fotos te gaan kyk en inligting te kry. Daar is die mooiste fotos en ek gaan hulle beslis gebruik en herleef.

Ek gaan maak weer ‘n draai by oom Dirk hy nooi my in en se hy dink hy het ‘n tas waar ou fotos is. Die oom gaan haal sy tas (koffer) en pak dit uit, dit lyk soos sy lewens besittings en die jammerte maar tog bewondering oorweldig my weer.

Na ‘n rukkie sug hy net en se nee broer (hy noem almal broer en vrouens sussie) ek kry net 1 foto, die res van sy fotos en dokumente het hy op die plaas in ‘n brand verloor. Dit is asof die oom en ek besef dat hy niks het van sy lewe om te wys nie behalwe net sy geeelte hande en persoonlikheid.

Hier onder is Oom Dirk en sy dogter.

Ek groet en gaan soek vir Danie V Rooyen op.
Hy is nog redelik jonk maar sy pa het die ou Ford Deluxe vir hom gelos toe die oorlede is. Mooi opgepas en heeltelmal oorspronklik.  (Kyk net terug na die ou karre by die oprig van Stephenson spar lyk amper dieselfde.)

Die foto het ek in die biblioteek gekry en ek het toe ook die straat gaan opsoek. Nou gaan Danie van Rooyen in die week sy ou ford soontoe ry dat ek die selfde foto kan neem.
Hier is nog sommer speel foto’s van die ford.
 

No comments:

Post a Comment