Dinsdag 6 November
Vandag het
ek gereel met Dina om van die ou mense in Pioneer huis te sien. Ek is 4uur daar
en o tog sy het vergeet, Sy gee toe vir my name wie ek kan gaan sien. Tannie
Heleen het niks fotos nie bly net 8jaar hier, Ek klop aan by oom Jan hy slaap
seker nog. Gaan op na oom Joggie Kleynhans toe.
Hy woon al 50 jaar in Vanderbijlpark gee sy dogter se nommer vir my sy
het dalk fotos.
Die Oom het
‘n foto van sy atletiek span.
Die Pioneer
gebou is vir my baie “depressing” ek kry die ou mensies so jammer waar hulle in
die enkel kamertjies moet sit. Dit is baie klein en alhoewel dit seker vir
hulle die enigste heenkome is, wonder ek tog hoekom van hulle kinders nie maar
na hulle om sien nie.
Toe ek
uitstap kry ek hierdie groepie onder die boom aant geselse, Ek kry toestemming
vir n foto of 2 en kry ook nommers van mense wat dalk foto’s sal he om te help
met my projek.
Op pad huis
toe gaan ek gou aan by Sanie Wallis. So in Junie maand die jaar het ek ‘n storie
oor haar pa Oom Johannes Wallis geskryf en ek wou net gaan kyk wat se ou foto’s
hulle dalk vir my kan gee, en ook om te hoor hoe gaan dit want Oom Johannes is
so 3 weke na die storie oorlede.
Sien gerus
die storie in die Junie uitgawe op Vaalweekblad se archive.
Woensdag 7 November 2012
Ek staan vroeg op om gou die Ok gebou in CW2 te gaan afneem
as vergelyking met die ou foto uit die Biblioteek uit.
Die probleem tussen die ou foto’s en vandag se nuwe kameras
is dat die lense vandag net nie toelaat dat die foto in dieselfde formaat
geneem kan word nie. Grootste verskil hier is die standbeeld wat geskuif is en ek sal dit nog ondersoek.
Die res van die oggend is frustrerend want die lig is baie
deinserig en kan ek niks afneem nie.
No comments:
Post a Comment