Saturday, 10 November 2012


Vrydag 9 November

Baie van die ou fotos is ook moeilik vergelykbaar met Google earth maar tog kan jy ‘n duidelik verskil en verandering sien.
Die ou pad tussen Vanderbijlpark en Sasol tot by die rivier kan hier gesien word, Vroer jare is hier 'n Pond gebruik om oor tegaan.
 

Bo kan gesien word hoe dit teen die rivier verander het.
Ek sal kort, kort sulke veranderings wys.

Danie Van Rooyen het my gebel en gese dat hulle die Ford vandag gaan “start” en ek moet my reghou vir so 3uur se kant.
Eerstens gaan ons die Ford na Wright straat toe ry om ‘n vergelykende foto te neem soos die een wat ek in die biblioteek gekry het.

Wright straat soos toe hy gelyk het in 1950”s

Wright straat soos wat hy nou lyk.
Danie van Rooyen self is net so merkwaardig en met die wat ek meer en meer mense ontmoet kom ek agter dat vanderbijlpark goeie mense het, mense wat omgee vir ander asook vir diere.

Danie het vir Dexter die Great dane in 'n boksie een dag voor die hek gekry, Altwee sy voor bene was in gips en hy self was nog ‘n klein brakkie. Hier sit Danie met die groot hond wat hy versorg het ook is daar nog 2 ander klein hondjies wat sommer net daar aangekom het en nou in sy sorg is.
Danie het die Ford DeLux van sy pa ge erf. Hy is die derde eienaar en die voertuig is nog oorspronklik. Sy Pa het in 1963 die kar gekoop by ‘n tannie van die oud Rhodesia af daar is nog ‘n plaatjie met Rhodesia se besonderhede. Dit is ‘n 1940 Ford Deluxe en volgens inligting is net ‘n paar van hulle uitgevoer na Africa volgens rekord is dit iets soos 8 na suid africa en 2 na Rhodesia, Ek kan dit egter nie bevestig. Die Ford DeLux is bekend gewees as ‘n simbool van welvaard en vooruitgang, dit is voorwaar nog steeds ‘n waardevolle besitting. Die Ford DeLux het 'n klein blok “Flat head” V8 en hy het 85 perdekrag.
Hier onder is ‘n foto van Klein Danie voor sy pa se kar en vandag is hy self die eienaar.
Danie Voor Sy Ford DeLux vandag nog net so mooi en opgepas.
Danie vertel ook dat hy as kind saam met sy ouers Durban toe gery het met die Ford.
Kyk veral die Dakrakkie waar al die bagasie op gepak was.

Waldo Danie se broer se seun sal die Ford weer eendag oorvat en met die vraag of hy dit sal verkoop het hy dadelik nee geantwoord.

Kyk die videos  hier onder en ry saam in die Ford DeLux
 
 

 

 

No comments:

Post a Comment