Maandag 12 November 2012
Vandag was
net te veel. Ek het epos uitgestuur na almal wat op my data basis is en skielik
kry ek oproepe en fotos en sommer ‘n klomp mense wat help. Dankie aan almal.
Eers gaan ek
na die groot biblioteek toe. My verwondering dat die biblioteek net swart
studente en mense het wat daar sit en leer of naslaan werk doen. Dit is eerstens
glad nie rasisties bedoel nie maar dit is so in teenstelling met wat in die
vroer jare gebeur het. Ek doen navraag en die persoon wat my help (vriendelike swart man) se hy sal my
'n hele boks vol boeke gee oor Vanderbijlpark. Skokkend toe hy met die klein
boksie kom en ek hom nog vra is dit al?
Ek dink persoonlik dat daar baie inligting en boeke weg
is...Dit nou daar gelaat. Ek scan so vinnig deur en kry 'n "Biography of Dr. H.J.
Van Der Bijl" Pragtig ek gaan hom beslis bietjie deurlees. Net so een
interesante foto van Dr van Der Bijl se Pa en Ma. Sal later nog deel.
Stunning ou foto en as ek dink met wat se kamera dit geneem
was ... sjoe
Leandra verheem van DJ Ladegaard mail my toe dat sy ou fotos
het van die dorp. Vroer jare is van die geboue op 'n veiling verkoop en dit is in
hulle argiewe. Ek haas my soontoe dit is mos meer as belangrik. Die Veilings
lys is besonder en selfs die fotos. Bv die Stephenson spar gebou was toe verkoop
vir iets soos 70 000 Pond en bv Checkers was toe die huurder in die gebou
en het 500/pond se huur per maand betaal.Stephenson gebou soos op veiling verkoop: foto DJ Ladegard veilings lys.
Meer oor hierdie later daar is ‘n hele paar geboue op die veilings
lys.
Ek het 'n Afspraak met Janneke Zwarts. Sy is die voorsitter
van die Hollandse klub. Ek gaan toe inderhaas soontoe ook. Sjoe die tannie het
baie foto’s en ons gesels lekker. Ek is later so deurmekaar met al die
inligting dat ek se nee wag kom ons doen net ‘n paar goete nou en dan sal ek so
stuk stuk terug kom en nog inligting kry. Lucas Zwart, Janneke se pa het van Hooren in Holland af gekom na SA as ‘n Ketelmaker. Hy het by Vicor gewerk. Dit was in 1952. Lucas Zwart is in 1998 oorlede op ouderdom 72.
Hy het ook onder anderre in die Iscor Orkes gespeel en wel Franse Horing of Trompet.
Lucas Zwart hier omkring
Daardie jare het Iscor nog ‘n orkes en Koor gehad selfs
Vereeniging en Meyerton het kore gehad blykbaar het hulle dan jaarliks bymekaar
gekom en almal saam opgetree. Kyk net hoe groot was die koor en Orkes. Nog onder in die put gesit en speel vir die koor. Ek self wat in ‘n Simfonie orkes gespeel het kan net dink hoe dat hierdie koor en orkes saam moes gekilnk het. Klanke wat ons kinders vandag nie meer hoor of ken nie.
Foto hier bo is Janneke (omkring) in die koor.
Van die kore en Orkeste het selfs langspeel plate uitgegee
daardie tyd.
Die ander groot storie wat ek toe nou vandag kry is dat Zyn
Koninklike Hoogheid Prins Bernard van
Nederland SA besoek het in 1954. Dit moes ‘n groot gebeurtenis gewees het.
Kyk net die pragtige kar waarmee die Prins vervoer is. Kyk
ook hoe netjies is almal aangetrek al staan hulle buite in die pad. Met soos
hulle sou se die beste kis klere. Netjiese pakke en skoene.
Selfs hier binne in die Ou Iscor klub is almal netjies en
staan sodat die Prins inloop. Merk die ou hout tafels op onder die mooi
tafeldoeke.
No comments:
Post a Comment