Monday, 11 February 2013


Soms deur die jare gaan n goeie storie net verlore, Ek onthou as kind dinge wat gebeur het en nou baie jare later weet mense nie meer daarvan nie en is dit net herinneringe vir jou self. Tog moet n mens hieroor gesels en dit vertel want dit het tog betekenis in jou lewe gebring.

Sarel en Lena van Tonder het ook so n storie, terwyl hulle dit vertel kan ek net met verwondering sit en luister.


 
 
 

Sarel was Vanderbijl se Polisie Bevelvoerder en het afgetree as Majoor. Hy het by die Polisie aangesluit op 19jarige ouderdom.
Lena weer het by die Sentrale gewerk op Stanger en soos n goeie storie begin word 2 mense bymekaar uitgebring op n klein dorpie. Sarel word verplaas Satnger polisie stasie toe. Elke oggend as Sarel en sy koleggas op diens gaan dan stap Lena en haar Susters  verby na die sentrale. Soos is dit dan dat met baie aanmoediging en terg van sy vriende Sarel moed bymekaar skraap en hy vir Lena ontmoet en begin kuier. Selfde gebeur ook met sy kolegas. By name Elias, Sefenster, Casper, Billy.
Sarel se kolegas begin toe ook by die dames kuier en toe Sarel die woord gaan vra toe doen sy vriende dit ook. Net daar besluit die groep toe nee man kom ons doen sommer een groot troue. So die 5 polisiemanne trou toe met 5 susters en dit op een dag.

 
Vyf susters van Links na regs. Claudia, Elizabeth, Lena, Freda, Leonie.
Natuurlik sal n storie soos die versprei soos veldbrande, slefs die Duitse TV stasie het die troue kom afneem. Ford in Stanger het vir elke paartjie en ook vir die dogters se ouers n zephir gegee. Nou vertel Sarel dat sy skoonpa nie so baie heen en weer wou loop ni een Lena se broer het dan elke sussie ingebring in die kerk en vir sy pa gegee wat dan weer die dogter aan haar toekomstige man oorgegee het. Lena vertel dat die hele troue ook op daardie tyd se Mirros gewys het (onthou julle nog voor die flieks begin het). Sarel lag lekker en se dat Ds v heerden wat die huweliks bevestiging gedoen het so groot geskrik het dat hy vandag nog n ou jong kerel is.

Omdat hierdie so n groot ding was en almal daaroor gepraat het, het mense van ver gekom hulle het baie geskenke gekry en selfs bekende mense soos Vern Vels was daar.
 
Ander staaltjies :
Lena vertel met groot glimlag dat sy nie kon kook nie en alhoewel Sarel nie bekommerd was daaroor of wat hy ook eet nie het hulle net gelewe en aangegaan. So besluit Lena nee sy moet n yskas tert maak. Sy kry toe die resep en gooi alles bymekaar en meng en gaan te kere, Sit die tert in die yskas dat hy moet stol maar niks gebeur nie. Sarel kyk kort kort en besluit later nee wat hy gaan dit maar eet. So geniet hy hierdie tert onder anderre is daar eiers in en Sarel wat toe reeds goeie Rugby speel het energie vir 7 mense. Lena sien toe nee die tert werk en sy maak dit kort kort, So besluit hulle toe om by die familie te gaan kuier en Lena se toe die middag sy sal vir almal van die tert maak. Sy doen dit en se toe vir haar suster sy kry net nie die tert om te stol nie, Groot was die gelag toe haar suster se nee man jy moet hom ten minste in die oond ook bak...so Sarel het al die tyd rou tert geeet.
Daardie tyd se Polisie konstabels het net n loon gekry en hulle moes raap en skraap om aan die lewe te bly. Lena vertel dat sy met minumum geld by n outydse winkel meubels gekoop het nou daardie tyd was nuwe meubels n skaarste en die wat dit kon bekostig het dan hulle ou meubels laat verkoop vir niks en ten duurste betaal vir moderne tipe meubels. So vertel Lena dat sy eendag by die huis kom en Sarel haar oe toe hou vir n verrassing. Toe sy in die kamer kom staan hierdie pink stel daar sy se dit voel of sy haar donker bril moet opsit. Sarle se toe hy vertstaan nie maar die spieel kas voel vir hom te hoog en die stoel te laag. Maar Lena se nee sy kan sien al rek sy haar nek om hare te doen. Jare het verby gegaan en eendag toe hulle verplaas word en die meubels gelaai word kom iemand in en sien dat die spieelkas en stoel se pote verkeerd om aangeskroef is..
Lena vertel dat sy by een van die dorpies altyd die bediende afgestuur het slaghuis toe om n sikspens se mince te koop dan het sy mince gemaak. Omdat dit so min was vra die slagter eendag vir die bediende nou vir wie is die mince nee se die bediende dit is vir die kat...
Die staaltjies en lewens verhaal wat hieruit borrel hou net aan en word al meer en meer interresant en lekker om na te luister. Soms is mens so onnodig gebonde aan tyd en ek sou so graag langer wou kuier om meer te hoor. Ek belowe myself om weer n drai te gaan maak.
Net om af te sluit, op pad uit terwyl ek groet wys Lena vir my al hulle meubels sommige van die meubels soo slaapkamer stelle het sy vir R3 gekoop daardie tyd was dit niks werd nie vandag is dit onbekombaar en waardevol die een spielkas het sy gekoop vir R1. As julle die fotos sien sal julle verstaan dat alhoewel hulle met ou meubles moes begin hulle tog skatte onbewustelik bymekaar gemaak het en vandag kan hulle terug kyk na ‘n warm lewe wat tot selfs in hulle besittings gesien word.
Die 5 pare
Lena en Sarel van Tonder
Elizabeth en Elias Roos
Leoni en Casper Roos
Freda en (wyle) Sefenster Salmon
Clodia en Billy Joubert






Monday, 10 December 2012

Vaaldriehoekers


Met die aanvang van hierdie storie het ek die idee gehad en nog nie regtig geweet wat se rigting ek sou in gaan nie. Wel ek is nog steeds besig om inligting te soek en sal ek nog baie stories byvoeg.

 

Natuurlik gaan mens argiewe toe en soek en grou tot jy iets interresant kry en ek moet se dat hoe meer ek grou en soek hoe meer interresant word dit. Daar is dinge wat mens aanvaar as net n leefwyse of as alledaags aflag. Maar die lewe het ‘n doel dinge gebeur nie sommer net nie. Dit wat gebeur bepaal ‘n rigting of selfs verander ‘n rigting maar met ‘n doel.

Ek het begin by Die Redakteur van Vaalweekblad Retha deur te vra of ek deur die argiewe kan gaan, Sy gee toe vir my een van die spesiale bylaes van 2009 waar vaalweekblad 45 jaar oud is. Vaalweekblad bestaan van af 1964.

Ek lees deur hierdie bylae en kry ‘n gedeelte van Abraham van Zyl wat in die begin jare van vaalweekblad die bestuurder was van die drukkery, En die hoofopskrif lees Aanhouers wen. Ek haal ook aan wat Abraham se “ Die ingesteldheid van die vaaldriehoekers is van so aard dat hulle kans sien vir alles, Hulle word nie maklik ontstel nie, Hulle sal oor begin, hulle sal iets soek wat wat werk,

Ek lees ook Dr HJ vd Bijl se Biografie en die skrywer hiervan se dat (soos die bybel) ‘n mens klei is wat gevorm word, en hier gebruik hy die beskrywing dat Dr vd Bijl klei is wat gevorm is op jong ouderdom soos wat sy pa was en as jy dan die storie lees wat Dr vd Bijl se pa gedoen het en later hy is dit so tipies Vaaldriehoek.. Vanderbijl. Die besluit wat Dr vd Bijl gemaak het om Suid Afrika toe te kom nadat hy as die beste wetenskaplike wereld wyd bekend gestaan het was volgens die wetenskaplikes en professors as baie “foolish” en dom beskryf, Lord Rutherford het dit beskryf as  “ Nothing short of a fool to go burry yourself in an out of the way place like South africa” Tog het hierdie besluit van Dr vd Bijl ons vaaldriehoekers gevorm soos klei en is ons vandag dit alles te danke aan ‘n onselfsigtige besluit deur iemand met deursettings vermoe.
Dr vd Bijl se ouers
 
Dr vd Bijl se loopbaan is ook een van Oor begin en aanhouer wen, begin voor en hou aan totdat jy die oplossing gevind het. Hy het geeksperimenteer en toetse gedoen vir sy Doktors graad en ek wil nou nie spesifiek hieroor skryf nie maar kyk na die verhouding tussen DR vd Bijl en die Vaaldriehoekers. Aanhouer wen. Plan makers, Soos die Vaalweekblad dit in 2009 beskryf het en wel by monde van Abraham van Zyl “Die gebied huisves die grootste konsentrasie van Entrepeneurs wat ek nog in Suid Afrika teengekom het”

Dr vd Bijl as student (Foto uit argiewe)


Hier het ek besef dat my storie dalk n ander wending gaan neem en wel een van om die plan makers te bekryf, Die mense met deursettings vermoe.


Sunday, 9 December 2012

Argiewe 1982 Desember


Desember Maand 1982 – 30 jaar gelede...

Ek het die argiewe van vaalweekblad besoek vandag en bietjie die nuus en koerant bylae van daardie tyd bekyk.

Ons gaan nou juis ‘n feestyd en vakansie tyd in, In 1982 het Vaalweekblad ‘n pad verslag van die hele land gegee sodat mens kon weet hoe en waar om veilig te ry. Wat egter uitstaan is dat daar net gewaarsku word waar aan n pad gewerk word of waar daar n ompad aanbeveel word. Vandag is dit seker nie eers nodig om n verslag te kry nie ons paaie is maar net doods gevaarlik en vol slaggate.

Die grootste probleem op paaie daardie tyd was dat die klagte dat die teer nat was.

Foto Argiewe Vaalweekblad

Ek kyk na pryse van karre ...jy kon ‘n nuwe kar gekoop het vir R 5600.00.

Nuwe Bande kon jy koop vir R 37.10 tot en met R 69.35

Dit was nog die tyd toe jy moes besluit tussen Beta of VHS. Die klein video of die groot video.

So met die lees kom ek op hierdie beriggie af van die manne wat Wild met ‘n trein gejag kan jy glo met ‘n Trein. Wonder wat het van die storie geword.
 
Dit was ook nog “In Ry Fliek tye “ kyk net wat het ‘n fliek gekos en dit was vir ‘n kar vol kinders


Die beriggie ook oor Oom Ebie wat oorlede is, Hulle was die eerste inwoners hier in Vanderbijl. Sjame hulle het alleenig gevoel en het ook Kersfees by die Vaalrivier alleen gevier.

As iemand nog inligting oor Oom Ebie hulle het laat weet my asb. Ek sal dit graag wil opvolg.

Ek gaan die week van die argiewe se stories opvolg en sal julle op hoogte hou.

Friday, 23 November 2012

Laerskool Vaalrivier 23 November 2012


Vandag het ek Vaalrivier laerskool besoek. Die skool is op die Plotte teen Vanderbijlpark gelee. Die skool het begin op 12 Januarie 1954 en dit was nog in asbes klaskamers. Die skool het toe ook bekend gestaan as Nanescol skool. Op 12 Januarie 1961 het die naam verander na Laerskool Vaalrivier. Die inwydings plegtigheid van die nuwe skool is op 17 November 1967 gehou.

Die foto is in 1967 geneem

Die foto is redelik onlangs geneem

Vir interresantheid was daar net 6 skoolhoofde waarvan Mnr PG Cloete nou huidig skoolhoof is van af 1992-09-01

Ek het ‘n afspraak gehad met 2 van die Onderwyseresse wat wat hierdie jaar op aftree ouderdom is. Daar word later ook ‘n afskeidsfunksie vir hulle gehou.

Mev Judith Gouws wat as onderwyserres  Van 1971 by laerskool vaal rivier skool gehou
het asook Dina Greyling vanaf 1972 as graad 2 onderwyserres.

Ek kuier sommer lekker en gesels saam met almal, uit die geskerts tussen Mnr Cloete en die 2 dames kan ek agterkom dat hulle 2 geweldig gemis gaan word. Volgens Mnr Cloete was hulle al 2 departementshoofde en tussen die 3 van hulle was alles in die skool gehanteer en gedoen.

Foto 1974

Judith Gouws vertel dat ook haar kinders hier grootgeword het en skoolgegaan het. Sy vertel ook dat die kinders vir haar baie lief is en sy ook so vir al die skool kinders. Die kinders hier is baie plat op die aarde en nederig. Hier is ook kinders wat baie slim is  soos bv Rynard Messersmidt in 1988 wat later in Transvalia 11 onderskeidings gekry het hy was die eerste kind wat soveel onderskeidings gekry het in ons land. Sy se dat die ergste vir haar is dat sy al vir kinders skool hou waarvoor sy vir die oupa en ouma ook skool gehou het...

Monique Gouws vandag ‘n mediese dokter, Judith se dogter het ook verskeie toekennings gekry, onder anderre Dux leerling Sy was hoofmeisie en Provisiale kleure in netbal en hokkie, Sy het ook 8 onderskeidings in matriek gekry en was gekroon as die beste leerling in die Suid Gauteng streek met n gemiddelde persentasie van 91.6%.

Riaan gouws judith se seun wat ook Victor lodorm was en ook op die leerling raad gedien het as prefek.

Ek vra toe vir Judith of sy in al die jare ‘n kind kan uitsonder wat vir haar spesiaal was. En selfs ook van af Dina Greyling is hulle dit eens dat al die kinders vir hulle spesiaal is.

Tog wil hulle se dat die jaar se hoofseun Chris Groenewald en hoofmeisie Romaine Groenewald (Dux Leerling) baie spesiaal is kinders met groot respek vir hulle mede mens, Hardwerkend en met persoonlikhede wat hulle nog ver gaan bring.

Judith vertel toe ook dat die hoofseun en dogter se pa’s nou die dag by een of ander vergadering agtergekom het dat alhoewel hulle nie familie is nie en tog dieselfde van, het hulle op die selfde dag verjaar, ook die selfde naam het Jelome. Die een is blykbaar CJ en die ander net BJ Groendewald.

Esau Khumalo, Is ook die eerste swart kaptein van die valke se skole rugby span en het hier skool gegaan het. Alwyn Myburgh bekende hekkies atleet het ook hier skool gegaan.

Ons staan in die skool saal en gesels en Ek vra toe hoekom het hulle so lank by een skool gebly. Van altwee is dit dat hulle werks omstandighede net so lekker was.

Hulle vertel my ook dat Laerskool Vaalrivier ‘n unieke skool is en dat hy ‘n wye verskeidenheid van tipes mense en kinders het. Mnr Cloete vertel ook van al die projekte wat hulle het en ‘n gemeenskap wat betrokke is om mekaar te help. Hulle voorsien saam met die Kerk ook vir 70 kinders daagliks kos. Daar is ook ‘n groep ouers wat klere bymekaar kry hulle noem dit ‘n klere bank. Hy vertel ook dat die kinders almal mooi aangetrek is en dat selfs die rotariers ook baie betrokke is en help.

Dina Greyling se toe ook dat Laerskool vaal rivier op 3 bene staan naamlik Sport Akademie en ook kultuur... Terwyl ek so na haar luister toe dink ek, selfs die 3 onderwysers waarmee ek nou gesels is ook drie steun pilare wat vir hierdie omgewing en skool baie beteken. 2 Dames soos Mnr Cloete se wat hy baie gaan mis en wat eindlik onvervangbaar is met hulle kennis en toegewydheid oor die jare en dan ook soos Judtih en Dina se ‘n skoolhoof wat se persoonlikheid net van so aard is dat mense net bereid is om te gee om te help en saam met hom te werk.

Van 1992 tot nou huidiglik is die 3 op elke foto langs mekaar.

Toe ek groet en reelings tref om weer te kom kuier besef ek dat die tipe van gasvryheid besig is om uit te sterf en dat hierdie skool se kinders nog bevoorreg is om wel so opgevoed te word.

Monday, 12 November 2012


Maandag 12 November 2012

Vandag was   net te veel. Ek het epos uitgestuur na almal wat op my data basis is en skielik kry ek oproepe en fotos en sommer ‘n klomp mense wat help. Dankie aan almal.
Eers gaan ek na die groot biblioteek toe. My verwondering dat die biblioteek net swart studente en mense het wat daar sit en leer of naslaan werk doen. Dit is eerstens glad nie rasisties bedoel nie maar dit is so in teenstelling met wat in die vroer jare gebeur het. Ek doen navraag en die persoon wat my help (vriendelike swart man) se hy sal my 'n hele boks vol boeke gee oor Vanderbijlpark. Skokkend toe hy met die klein boksie kom en ek hom nog vra is dit al?

Ek dink persoonlik dat daar baie inligting en boeke weg is...Dit nou daar gelaat. Ek scan so vinnig deur en kry 'n "Biography of Dr. H.J. Van Der Bijl" Pragtig ek gaan hom beslis bietjie deurlees. Net so een interesante foto van Dr van Der Bijl se Pa en Ma. Sal later nog deel.

Stunning ou foto en as ek dink met wat se kamera dit geneem was ... sjoe
Leandra verheem van DJ Ladegaard mail my toe dat sy ou fotos het van die dorp. Vroer jare is van die geboue op 'n veiling verkoop en dit is in hulle argiewe. Ek haas my soontoe dit is mos meer as belangrik. Die Veilings lys is besonder en selfs die fotos. Bv die Stephenson spar gebou was toe verkoop vir iets soos 70 000 Pond en bv Checkers was toe die huurder in die gebou en het 500/pond se huur per maand betaal.

Stephenson gebou soos op veiling verkoop: foto DJ Ladegard veilings lys.

Meer oor hierdie later daar is ‘n hele paar geboue op die veilings lys.
Ek het 'n Afspraak met Janneke Zwarts. Sy is die voorsitter van die Hollandse klub. Ek gaan toe inderhaas soontoe ook. Sjoe die tannie het baie foto’s en ons gesels lekker. Ek is later so deurmekaar met al die inligting dat ek se nee wag kom ons doen net ‘n paar goete nou en dan sal ek so stuk stuk terug kom en nog inligting kry.

Lucas Zwart,  Janneke se pa het van Hooren in Holland af gekom na SA as ‘n Ketelmaker. Hy het by Vicor gewerk. Dit was in 1952. Lucas Zwart is in 1998 oorlede op ouderdom 72.
Hy het ook onder anderre in die Iscor Orkes gespeel en wel Franse Horing of Trompet.

Lucas Zwart hier omkring
Daardie jare het Iscor nog ‘n orkes en Koor gehad selfs Vereeniging en Meyerton het kore gehad blykbaar het hulle dan jaarliks bymekaar gekom en almal saam opgetree.
Kyk net hoe groot was die koor en Orkes. Nog onder in die put gesit en speel vir die koor. Ek self wat in ‘n Simfonie orkes gespeel het kan net dink hoe dat hierdie koor en orkes saam moes gekilnk het. Klanke wat ons kinders vandag nie meer hoor of ken nie.

Foto hier bo is Janneke (omkring) in die koor.
Van die kore en Orkeste het selfs langspeel plate uitgegee daardie tyd.

Die ander groot storie wat ek toe nou vandag kry is dat Zyn Koninklike Hoogheid  Prins Bernard van Nederland SA besoek het in 1954. Dit moes ‘n groot gebeurtenis gewees het.
Kyk net die pragtige kar waarmee die Prins vervoer is. Kyk ook hoe netjies is almal aangetrek al staan hulle buite in die pad. Met soos hulle sou se die beste kis klere. Netjiese pakke en skoene.

Selfs hier binne in die Ou Iscor klub is almal netjies en staan sodat die Prins inloop. Merk die ou hout tafels op onder die mooi tafeldoeke.

 

Saturday, 10 November 2012


Vrydag 9 November

Baie van die ou fotos is ook moeilik vergelykbaar met Google earth maar tog kan jy ‘n duidelik verskil en verandering sien.
Die ou pad tussen Vanderbijlpark en Sasol tot by die rivier kan hier gesien word, Vroer jare is hier 'n Pond gebruik om oor tegaan.
 

Bo kan gesien word hoe dit teen die rivier verander het.
Ek sal kort, kort sulke veranderings wys.

Danie Van Rooyen het my gebel en gese dat hulle die Ford vandag gaan “start” en ek moet my reghou vir so 3uur se kant.
Eerstens gaan ons die Ford na Wright straat toe ry om ‘n vergelykende foto te neem soos die een wat ek in die biblioteek gekry het.

Wright straat soos toe hy gelyk het in 1950”s

Wright straat soos wat hy nou lyk.
Danie van Rooyen self is net so merkwaardig en met die wat ek meer en meer mense ontmoet kom ek agter dat vanderbijlpark goeie mense het, mense wat omgee vir ander asook vir diere.

Danie het vir Dexter die Great dane in 'n boksie een dag voor die hek gekry, Altwee sy voor bene was in gips en hy self was nog ‘n klein brakkie. Hier sit Danie met die groot hond wat hy versorg het ook is daar nog 2 ander klein hondjies wat sommer net daar aangekom het en nou in sy sorg is.
Danie het die Ford DeLux van sy pa ge erf. Hy is die derde eienaar en die voertuig is nog oorspronklik. Sy Pa het in 1963 die kar gekoop by ‘n tannie van die oud Rhodesia af daar is nog ‘n plaatjie met Rhodesia se besonderhede. Dit is ‘n 1940 Ford Deluxe en volgens inligting is net ‘n paar van hulle uitgevoer na Africa volgens rekord is dit iets soos 8 na suid africa en 2 na Rhodesia, Ek kan dit egter nie bevestig. Die Ford DeLux is bekend gewees as ‘n simbool van welvaard en vooruitgang, dit is voorwaar nog steeds ‘n waardevolle besitting. Die Ford DeLux het 'n klein blok “Flat head” V8 en hy het 85 perdekrag.
Hier onder is ‘n foto van Klein Danie voor sy pa se kar en vandag is hy self die eienaar.
Danie Voor Sy Ford DeLux vandag nog net so mooi en opgepas.
Danie vertel ook dat hy as kind saam met sy ouers Durban toe gery het met die Ford.
Kyk veral die Dakrakkie waar al die bagasie op gepak was.

Waldo Danie se broer se seun sal die Ford weer eendag oorvat en met die vraag of hy dit sal verkoop het hy dadelik nee geantwoord.

Kyk die videos  hier onder en ry saam in die Ford DeLux
 
 

 

 

Dinsdag 6 November

Vandag het ek gereel met Dina om van die ou mense in Pioneer huis te sien. Ek is 4uur daar en o tog sy het vergeet, Sy gee toe vir my name wie ek kan gaan sien. Tannie Heleen het niks fotos nie bly net 8jaar hier, Ek klop aan by oom Jan hy slaap seker nog. Gaan op na oom Joggie Kleynhans toe.  Hy woon al 50 jaar in Vanderbijlpark gee sy dogter se nommer vir my sy het dalk fotos.
Die Oom het ‘n foto van sy atletiek span.

Die Pioneer gebou is vir my baie “depressing” ek kry die ou mensies so jammer waar hulle in die enkel kamertjies moet sit. Dit is baie klein en alhoewel dit seker vir hulle die enigste heenkome is, wonder ek tog hoekom van hulle kinders nie maar na hulle om sien nie.
Toe ek uitstap kry ek hierdie groepie onder die boom aant geselse, Ek kry toestemming vir n foto of 2 en kry ook nommers van mense wat dalk foto’s sal he om te help met my projek.

 
 As die ooms so begin trek aan hulle pype dan gesels hulle lekker en dink hulle diep.
Op pad huis toe gaan ek gou aan by Sanie Wallis. So in Junie maand die jaar het ek ‘n storie oor haar pa Oom Johannes Wallis geskryf en ek wou net gaan kyk wat se ou foto’s hulle dalk vir my kan gee, en ook om te hoor hoe gaan dit want Oom Johannes is so 3 weke na die storie oorlede.
Sien gerus die storie in die Junie uitgawe op Vaalweekblad se archive.
Woensdag 7 November 2012
Ek staan vroeg op om gou die Ok gebou in CW2 te gaan afneem as vergelyking met die ou foto uit die Biblioteek uit.
Die probleem tussen die ou foto’s en vandag se nuwe kameras is dat die lense vandag net nie toelaat dat die foto in dieselfde formaat geneem kan word nie. Grootste verskil hier is die standbeeld wat  geskuif is en ek sal dit nog ondersoek.
Die res van die oggend is frustrerend want die lig is baie deinserig en kan ek niks afneem nie.