Desember Maand 1982 – 30 jaar gelede...
Ek het die argiewe van vaalweekblad besoek vandag en bietjie
die nuus en koerant bylae van daardie tyd bekyk.
Ons gaan nou juis ‘n feestyd en vakansie tyd in, In 1982 het
Vaalweekblad ‘n pad verslag van die hele land gegee sodat mens kon weet hoe en
waar om veilig te ry. Wat egter uitstaan is dat daar net gewaarsku word waar
aan n pad gewerk word of waar daar n ompad aanbeveel word. Vandag is dit seker
nie eers nodig om n verslag te kry nie ons paaie is maar net doods gevaarlik en
vol slaggate.
Die grootste probleem op paaie daardie tyd was dat die
klagte dat die teer nat was.
Foto Argiewe Vaalweekblad
Ek kyk na pryse van karre ...jy kon ‘n nuwe kar gekoop het
vir R 5600.00.
Nuwe Bande kon jy koop vir R 37.10 tot en met R 69.35
Dit was nog die tyd toe jy moes besluit tussen Beta of VHS.
Die klein video of die groot video.
So met die lees kom ek op hierdie beriggie af van die manne
wat Wild met ‘n trein gejag kan jy glo met ‘n Trein. Wonder wat het van die
storie geword.
Dit was ook nog “In Ry Fliek tye “ kyk net wat het ‘n fliek
gekos en dit was vir ‘n kar vol kinders
Die beriggie ook oor Oom Ebie wat oorlede is, Hulle was die
eerste inwoners hier in Vanderbijl. Sjame hulle het alleenig gevoel en het ook
Kersfees by die Vaalrivier alleen gevier.
As iemand nog inligting oor Oom Ebie hulle het laat weet my
asb. Ek sal dit graag wil opvolg.
Ek gaan die week van die argiewe se stories opvolg en sal
julle op hoogte hou.
No comments:
Post a Comment