Stephenson
spar soos hy vandag lyk
Meer
inligting en fotos van hierdie omgewing en plek sal volg.
Ek vra toe
rond en iemand verwys my na die volgende str waar oom Dirk Stoltz bly. Ek gaan
klop aan en die tannie wat oopmaak se nee oom Dirk is by een van die huise
doenig waar hy groente plant. Na ‘n soektog kry ek hom by die ou Iscor club
waar hy ‘n stukkie grond huur en groente plant.
Oom Dirk met
vars geplukte uie uit sy tuin. Oom Dirk is 82 jaar oud en ‘n merkwaardige oom,
Vir my lyk hy nie ouer as 65 nie, sterk en fiks, hy bewerk 4 tuine op sy eie,
Nou die wat die area daar ken, dit is arm en die werkloosheid syfer is hoog,
Oom Dirk plant groente en hy gee vir baie kos,
ja hy verkoop ook aan die wat dit kan bekostig, maar hy gee vir die
sopkombuis, hy gee vir wie ook al kos nodig het.
Na ons
geselsie, en ek begin dink aan hoe baie keer ons nie dankbaar is nie en hoe
baie keer ons kla, dan is hierdie oom vir my ‘n voorbeeld van gee tot dit
seermaak. Toe ons by sy huis klop was dit donker binne, hy se toe dat hy liewer
geld in groente en kunsmis sit om vir mense kos te gee as om sy eie elektrisiteit
te betaal.
Ek ry in
stilte weg, stadig, wou hom nog so baie vra maar ek kon nie, ek dink, ek
wonder, is hierdie oom vir ‘n rede dalk op my pad geplaas... meer van die oom
later,
Ek ry af in
Linde straat en daar is ‘n ou swart kar wat onder ‘n afdak staan, ek klop,
niemand tuis en los ‘n nota. Verder af in die straat ontmoet ek vir Oom Jacob
en Tannie Anna Erxlieben.
Daar is min
plekke nog in ons land waar jy sorgeloos buite op die stoep kan sit, Oom jacob
vertel my van sy groot word in Vanderbijlpark en sy werk. Hy wys vir my sy Vye
boom agter in die erf 38 jaar oud,
Hy gee ook
vir my verskeie ou fotos onder andere hierdie een van sy broer wat in die ou
dorp stap dit is een wat ek later gaan hernuwe, merk die blink die skoene.




No comments:
Post a Comment