Fotografie
in vandag se tyd is so eenvoudig tog is dit moeilik om te verstaan en te
vergelyk met vorige jare waar met film gewerk is. Vandag kan jy neem en
digitaal verwerk en korrigeer terwyl dit vroeer jare meer tyd geneem het om die
foto korrek te beplan en dan te neem. Vandag kan jy dadelik die resultaat sien
terwyl jy vroer met film eers moes ontwikkel en tog dink ek dat daardie tyd se
fotograwe gesien het, al was daar niks om na te kyk tot die foto gedruk was
nie.
Wat het
gister met vandag in lyn van fotografie te doen, sou dalk gevra word, Dit het
daardie tydperk in ons almal se ouers en voorouers se lewens vasgele, en kan ons
dit vandag herleef en sien.
My pa het
vir my alreeds op skool ‘n kamera gekoop met lense en my op kursusse gestuur
sodat ek kon fotos neem, Selfs vir my ‘n donker kamer opgesit vir ontwikkeling.
Wel, hy het my verskeie dinge geleer en laat ervaar wat niks met skool te doen
gehad het nie. Musiek was een van die dinge wat ek geleer het, selfs tegnologie
met die ontstaan van rekenaars het hy my op vroe ouderdom alles gewys en ook op
kursusse gestuur. Ek sal hom en my ma ewig dankbaar wees daaroor, met Musiek en
fotografie is dit nie die instrument wat jou ‘n musikant of fotograaf maak nie
maar die anvoeling en gevoel vir dit wat jy kunstig moet bou en konstruktueer.
-
- - - - - -
Seker so 10
jaar terug ry ek en Tannie Ralie wat vandag vir my werk op die plase rond en op
die grondpad kry ons n ou gewel huis nog uit klipsteen gebou met die mooiste
stoep. Regtig ‘n ou statige huis. Elke keer as ons daar verby ry dan se ons ons
moet tog n foto neem, Dit gebeur toe nie
en daar het ek geleer dat as jy dink jy ‘n foto moet neem stop liewer en doen
dit nou moenie dit los vir later nie die geleentheid gaan jou verby gaan.
Seker so 2
jaar terug ry ons weer daar verby en met ‘n skok kom ons agter dat die huis
verwoes en verbreek is. Ek het toe gaan ondersoek instel om uit te vind wat
gebeur het, Tot verbasing hoor ek dat die staat die plaas uitgekoop het en dat
die persoon wat nou daar boer vir hom n hout huis gebou het. Dit is tog snaaks
dat mense en rasse se waardes oor dinge so kan verskil. Ek het toe fotos gaan
neem van die murasie. Ek probeer nog om die eienaars op te spoor van hierdie
plaas om te sien of ek nie dalk fotos van die huis kan kry soos hy gelyk het
nie.
Mens
kan sien dat die manier van pleister en afwerking hierdie ‘n pragwoning moes
wees.
Die ou
sitkamer word gebruik om bier in te stook wat dan onder die plaaslike mense
verkoop word.
Eens ‘n
pragtige huis en ook plaas, nou verwaarloos.
Sondag 4 November
Gewoonlik op
‘n sondag middag sit die mense buite op die stoep. Ek besluit om rond te ry en
te gaan kuier. Ek merk ‘n tannie op wat op die stoep sit en maak kennis sy het
ongelukkig nie foto’s nie en ek is so bietjie teleurgestel.Sy is 82 jaar oud bly al
50 jaar in Vanderbijlpark. Reg langs die tannie se huis, dit is nou oorkant
Stephenson spar is die biblioteek en ek merk op dat die tuin vol groente geplant
is en dat dit natgespuit word.



No comments:
Post a Comment