Friday, 23 November 2012

Laerskool Vaalrivier 23 November 2012


Vandag het ek Vaalrivier laerskool besoek. Die skool is op die Plotte teen Vanderbijlpark gelee. Die skool het begin op 12 Januarie 1954 en dit was nog in asbes klaskamers. Die skool het toe ook bekend gestaan as Nanescol skool. Op 12 Januarie 1961 het die naam verander na Laerskool Vaalrivier. Die inwydings plegtigheid van die nuwe skool is op 17 November 1967 gehou.

Die foto is in 1967 geneem

Die foto is redelik onlangs geneem

Vir interresantheid was daar net 6 skoolhoofde waarvan Mnr PG Cloete nou huidig skoolhoof is van af 1992-09-01

Ek het ‘n afspraak gehad met 2 van die Onderwyseresse wat wat hierdie jaar op aftree ouderdom is. Daar word later ook ‘n afskeidsfunksie vir hulle gehou.

Mev Judith Gouws wat as onderwyserres  Van 1971 by laerskool vaal rivier skool gehou
het asook Dina Greyling vanaf 1972 as graad 2 onderwyserres.

Ek kuier sommer lekker en gesels saam met almal, uit die geskerts tussen Mnr Cloete en die 2 dames kan ek agterkom dat hulle 2 geweldig gemis gaan word. Volgens Mnr Cloete was hulle al 2 departementshoofde en tussen die 3 van hulle was alles in die skool gehanteer en gedoen.

Foto 1974

Judith Gouws vertel dat ook haar kinders hier grootgeword het en skoolgegaan het. Sy vertel ook dat die kinders vir haar baie lief is en sy ook so vir al die skool kinders. Die kinders hier is baie plat op die aarde en nederig. Hier is ook kinders wat baie slim is  soos bv Rynard Messersmidt in 1988 wat later in Transvalia 11 onderskeidings gekry het hy was die eerste kind wat soveel onderskeidings gekry het in ons land. Sy se dat die ergste vir haar is dat sy al vir kinders skool hou waarvoor sy vir die oupa en ouma ook skool gehou het...

Monique Gouws vandag ‘n mediese dokter, Judith se dogter het ook verskeie toekennings gekry, onder anderre Dux leerling Sy was hoofmeisie en Provisiale kleure in netbal en hokkie, Sy het ook 8 onderskeidings in matriek gekry en was gekroon as die beste leerling in die Suid Gauteng streek met n gemiddelde persentasie van 91.6%.

Riaan gouws judith se seun wat ook Victor lodorm was en ook op die leerling raad gedien het as prefek.

Ek vra toe vir Judith of sy in al die jare ‘n kind kan uitsonder wat vir haar spesiaal was. En selfs ook van af Dina Greyling is hulle dit eens dat al die kinders vir hulle spesiaal is.

Tog wil hulle se dat die jaar se hoofseun Chris Groenewald en hoofmeisie Romaine Groenewald (Dux Leerling) baie spesiaal is kinders met groot respek vir hulle mede mens, Hardwerkend en met persoonlikhede wat hulle nog ver gaan bring.

Judith vertel toe ook dat die hoofseun en dogter se pa’s nou die dag by een of ander vergadering agtergekom het dat alhoewel hulle nie familie is nie en tog dieselfde van, het hulle op die selfde dag verjaar, ook die selfde naam het Jelome. Die een is blykbaar CJ en die ander net BJ Groendewald.

Esau Khumalo, Is ook die eerste swart kaptein van die valke se skole rugby span en het hier skool gegaan het. Alwyn Myburgh bekende hekkies atleet het ook hier skool gegaan.

Ons staan in die skool saal en gesels en Ek vra toe hoekom het hulle so lank by een skool gebly. Van altwee is dit dat hulle werks omstandighede net so lekker was.

Hulle vertel my ook dat Laerskool Vaalrivier ‘n unieke skool is en dat hy ‘n wye verskeidenheid van tipes mense en kinders het. Mnr Cloete vertel ook van al die projekte wat hulle het en ‘n gemeenskap wat betrokke is om mekaar te help. Hulle voorsien saam met die Kerk ook vir 70 kinders daagliks kos. Daar is ook ‘n groep ouers wat klere bymekaar kry hulle noem dit ‘n klere bank. Hy vertel ook dat die kinders almal mooi aangetrek is en dat selfs die rotariers ook baie betrokke is en help.

Dina Greyling se toe ook dat Laerskool vaal rivier op 3 bene staan naamlik Sport Akademie en ook kultuur... Terwyl ek so na haar luister toe dink ek, selfs die 3 onderwysers waarmee ek nou gesels is ook drie steun pilare wat vir hierdie omgewing en skool baie beteken. 2 Dames soos Mnr Cloete se wat hy baie gaan mis en wat eindlik onvervangbaar is met hulle kennis en toegewydheid oor die jare en dan ook soos Judtih en Dina se ‘n skoolhoof wat se persoonlikheid net van so aard is dat mense net bereid is om te gee om te help en saam met hom te werk.

Van 1992 tot nou huidiglik is die 3 op elke foto langs mekaar.

Toe ek groet en reelings tref om weer te kom kuier besef ek dat die tipe van gasvryheid besig is om uit te sterf en dat hierdie skool se kinders nog bevoorreg is om wel so opgevoed te word.

No comments:

Post a Comment