Monday, 11 February 2013


Soms deur die jare gaan n goeie storie net verlore, Ek onthou as kind dinge wat gebeur het en nou baie jare later weet mense nie meer daarvan nie en is dit net herinneringe vir jou self. Tog moet n mens hieroor gesels en dit vertel want dit het tog betekenis in jou lewe gebring.

Sarel en Lena van Tonder het ook so n storie, terwyl hulle dit vertel kan ek net met verwondering sit en luister.


 
 
 

Sarel was Vanderbijl se Polisie Bevelvoerder en het afgetree as Majoor. Hy het by die Polisie aangesluit op 19jarige ouderdom.
Lena weer het by die Sentrale gewerk op Stanger en soos n goeie storie begin word 2 mense bymekaar uitgebring op n klein dorpie. Sarel word verplaas Satnger polisie stasie toe. Elke oggend as Sarel en sy koleggas op diens gaan dan stap Lena en haar Susters  verby na die sentrale. Soos is dit dan dat met baie aanmoediging en terg van sy vriende Sarel moed bymekaar skraap en hy vir Lena ontmoet en begin kuier. Selfde gebeur ook met sy kolegas. By name Elias, Sefenster, Casper, Billy.
Sarel se kolegas begin toe ook by die dames kuier en toe Sarel die woord gaan vra toe doen sy vriende dit ook. Net daar besluit die groep toe nee man kom ons doen sommer een groot troue. So die 5 polisiemanne trou toe met 5 susters en dit op een dag.

 
Vyf susters van Links na regs. Claudia, Elizabeth, Lena, Freda, Leonie.
Natuurlik sal n storie soos die versprei soos veldbrande, slefs die Duitse TV stasie het die troue kom afneem. Ford in Stanger het vir elke paartjie en ook vir die dogters se ouers n zephir gegee. Nou vertel Sarel dat sy skoonpa nie so baie heen en weer wou loop ni een Lena se broer het dan elke sussie ingebring in die kerk en vir sy pa gegee wat dan weer die dogter aan haar toekomstige man oorgegee het. Lena vertel dat die hele troue ook op daardie tyd se Mirros gewys het (onthou julle nog voor die flieks begin het). Sarel lag lekker en se dat Ds v heerden wat die huweliks bevestiging gedoen het so groot geskrik het dat hy vandag nog n ou jong kerel is.

Omdat hierdie so n groot ding was en almal daaroor gepraat het, het mense van ver gekom hulle het baie geskenke gekry en selfs bekende mense soos Vern Vels was daar.
 
Ander staaltjies :
Lena vertel met groot glimlag dat sy nie kon kook nie en alhoewel Sarel nie bekommerd was daaroor of wat hy ook eet nie het hulle net gelewe en aangegaan. So besluit Lena nee sy moet n yskas tert maak. Sy kry toe die resep en gooi alles bymekaar en meng en gaan te kere, Sit die tert in die yskas dat hy moet stol maar niks gebeur nie. Sarel kyk kort kort en besluit later nee wat hy gaan dit maar eet. So geniet hy hierdie tert onder anderre is daar eiers in en Sarel wat toe reeds goeie Rugby speel het energie vir 7 mense. Lena sien toe nee die tert werk en sy maak dit kort kort, So besluit hulle toe om by die familie te gaan kuier en Lena se toe die middag sy sal vir almal van die tert maak. Sy doen dit en se toe vir haar suster sy kry net nie die tert om te stol nie, Groot was die gelag toe haar suster se nee man jy moet hom ten minste in die oond ook bak...so Sarel het al die tyd rou tert geeet.
Daardie tyd se Polisie konstabels het net n loon gekry en hulle moes raap en skraap om aan die lewe te bly. Lena vertel dat sy met minumum geld by n outydse winkel meubels gekoop het nou daardie tyd was nuwe meubels n skaarste en die wat dit kon bekostig het dan hulle ou meubels laat verkoop vir niks en ten duurste betaal vir moderne tipe meubels. So vertel Lena dat sy eendag by die huis kom en Sarel haar oe toe hou vir n verrassing. Toe sy in die kamer kom staan hierdie pink stel daar sy se dit voel of sy haar donker bril moet opsit. Sarle se toe hy vertstaan nie maar die spieel kas voel vir hom te hoog en die stoel te laag. Maar Lena se nee sy kan sien al rek sy haar nek om hare te doen. Jare het verby gegaan en eendag toe hulle verplaas word en die meubels gelaai word kom iemand in en sien dat die spieelkas en stoel se pote verkeerd om aangeskroef is..
Lena vertel dat sy by een van die dorpies altyd die bediende afgestuur het slaghuis toe om n sikspens se mince te koop dan het sy mince gemaak. Omdat dit so min was vra die slagter eendag vir die bediende nou vir wie is die mince nee se die bediende dit is vir die kat...
Die staaltjies en lewens verhaal wat hieruit borrel hou net aan en word al meer en meer interresant en lekker om na te luister. Soms is mens so onnodig gebonde aan tyd en ek sou so graag langer wou kuier om meer te hoor. Ek belowe myself om weer n drai te gaan maak.
Net om af te sluit, op pad uit terwyl ek groet wys Lena vir my al hulle meubels sommige van die meubels soo slaapkamer stelle het sy vir R3 gekoop daardie tyd was dit niks werd nie vandag is dit onbekombaar en waardevol die een spielkas het sy gekoop vir R1. As julle die fotos sien sal julle verstaan dat alhoewel hulle met ou meubles moes begin hulle tog skatte onbewustelik bymekaar gemaak het en vandag kan hulle terug kyk na ‘n warm lewe wat tot selfs in hulle besittings gesien word.
Die 5 pare
Lena en Sarel van Tonder
Elizabeth en Elias Roos
Leoni en Casper Roos
Freda en (wyle) Sefenster Salmon
Clodia en Billy Joubert